Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » stok
stok [boodskap #129170] Sa., 11 Januarie 2020 10:31
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 24149
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Beer met 'n stok.
'n Beer met 'n stok.
Stokke
Stokke
stok
Afbreking: stok
Uitspraak: /stɔk/


Selfstandige naamwoord: stok
Meervoud: stokke
Verkleinwoord: stokkie
Meervoud van verkleining: stokkies

Betekenis:
• 'n Stuk hout wat redelik dun en reguit is.

Gebruik:
• U stok en u staf dié vertroos my. [Psalms 23:4]
• En die Filistyn vra vir Dawid: Is ek 'n hond dat jy met stokke na my toe kom? [1 Samuel 17:43]

Spreekwoord:
• Iemand voor stok kry. [Iemand berispe.]
• Iemand 'n stok in die wiel steek. [Iemand teenwerk.]
• Hy steek 'n stok in 'n bynes. [Kwaai gevoelens opwek.]
• Jy kan dit met 'n stok aanvoel. [Iets sonder enige moeite gewaar.]
• 'n Mens moet nie verder spring as wat jou stok lank is nie. [Moenie meer onderneem as wat jy kan uitvoer nie.]
• As 'n mens 'n hond wil slaan, kry jy maklik 'n stok. [As jy iemand kwaad wil aandoen, kry jy maklik 'n geleentheid.]

Hiponiem:
• besemstok
• dirigeerstok
• gholfstok
• hengelstok
• hokkiestok
• kapstok
• kerfstok
• koggelstok
• laaistok
• loopstok
• meetstok
• skietstok
• snoekerstok
• stapstok
• stuurstok
• sweefstok
• sweepstok
• toorstok
• visstok
• wandelstok
• wingerdstok
• wortelstok
• wynstok

Afgelei:
• stokagtig
• stokbrood
• stokinsek
• stokkerig
• stokmannetjie
• stokstil
• stokstyf

Vertaling:
Engels: stick, cane, rod, staff
Nederlands: stok


Werkwoord: stok
Verlede tyd: het gestok
Teenwoordige deelwoord: stokkend, stokkende

Betekenis:
• Om skielik vas te steek; staak, stol, verstok.
• Om met 'n stok te slaan.
• (informeel) Om met voorraad te vul.

Gebruik:
• Van skrik stok haar asem in haar keel.
• Die oortreder word nie vooraf meegedeel wanneer hy gestok gaan word nie.
• Die winkel is goed gestok, maar baie duur.

Vertaling:
Engels: to halt, stop; to hit, cane; to replenish, stock up
Nederlands: stokken; stokslag krijgen; aanvullen

Nota:
• Die voorvoegsel stok- beteken "baie erg" en kom in woorde voor soos: stokalleen, stokblind, stokdoof, stokflou, stokoud, stokstil, stokstyf, ens.

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: stof
Volgende onderwerp: stokoud
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr. Des. 19 13:59:21 UTC 2025