Leksikograaf Boodskappe: 24305 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Spinnekop het vier paar gelede looppote (1) met twee lyfsegmente, die kopborsstuk of kefalotoraks (2) en 'n agterlyf of abdomen (3).spinnekop
Afbreking: spin•ne•kop
Betekenis:
• 'n Klein, ongewerwelde roofdier met twee lyfsegmente, agt pote, maar geen vlerke nie, orde Araneae.
Gebruik:
• 'n Spinnekop moet vervel namate hy groei, omdat sy skelet nie kan rek nie.
Spreekwoord:
• Waar die by sy heuning uitsuig, suig die spinnekop sy gif uit. [Party mense vertolk die dade van hulle medemens altyd so ongunstig moontlik.]