Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » snork
snork [boodskap #129114] Wo., 08 Januarie 2020 16:55
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 24159
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
snork
Afbreking: snork


Selfstandige naamwoord: snork
Meervoud: snorke
Verkleinwoord: snorkie
Meervoud van verkleining: snorkies

Betekenis:
• 'n Harde geluid wat deur die neus kom, gewoonlik as iemand slaap.

Gebruik:
• Die man gee 'n harde snork, maar slaap dan ongestoord verder.

Sinoniem:
• balke saag

Vertaling:
Engels: snore, snort
Nederlands: snork


Werkwoord: snork
Verlede tyd: het gesnork
Teenwoordige deelwoord: snorkend, snorkende

Betekenis:
• Om 'n harde geluid met die neus te maak.

Gebruik:
• My pa snork so hard dat die bure wakker word.

Vertaling:
Engels: to snore
Nederlands: snorken

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: snelsêer
Volgende onderwerp: sny
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So. Des. 21 17:34:17 UTC 2025