| smeer [boodskap #129109] |
Wo., 08 Januarie 2020 15:07 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 25812 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
smeer
Afbreking: smeer
Werkwoord: smeer
Verlede tyd: het gesmeer
Teenwoordige deelwoord: smerend, smerende
Verlede deelwoord: gesmeerde
Betekenis:
• Om met 'n sagte stof (soos botter of olie) te bestryk.
Gebruik:
• Sy smeer konfyt op haar brood.
Spreekwoord:
• Jou lyf vet smeer. [Jou regmaak vir 'n pak slae.]
• Iemand heuning om die mond smeer. [Iemand vlei.]
• Iemand salf om die oë smeer. [Iemand flous, mislei.]
• Iemand vet om die oë smeer. [Iemand probeer mislei.]
• Dis botter aan die galg smeer. [Dit is vergeefse moeite.]
• Hy probeer my stroop om die mond smeer. [Hy probeer my vlei.]
• Ek smeer hom dit aan die baard. [Iemand iets met skimpe verwyt.]
• Aan hom is daar geen salf te smeer nie. [Dis hopeloos om hom te probeer verander.]
• Ek meneer en jy meneer, wie sal dan die wa smeer. [Wie sal die handewerk doen as almal geleerd is.]
Afgelei:
• aansmeer
• afsmeer
• insmeer
• opsmeer
• toesmeer
Vertaling:
Engels: to spread, smear, butter, grease, lubricate
Nederlands: smeren
Selfstandige naamwoord: smeer
Meervoud: smere
Betekenis:
• Iets wat aangevryf word.
Gebruik:
• Margarien is 'n smeer vir brood.
Hiponiem:
• atjarsmeer
• broodsmeer
• groentesmeer
• perskesmeer
• kaassmeer
• naelsmeer
• skoensmeer
• vissmeer
• vleissmeer
Afgelei:
• smeerklier
• smeerlaag
• smeerlap
• smeermiddel
• smeerolie
• smeerpot
• smeerveldtog
• smeervlek
Vertaling:
Engels: smear, a fat substance
Nederlands: smeer
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|