Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » skuif
skuif [boodskap #129086] Ma., 06 Januarie 2020 06:43
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 26436
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
Senior Lid
skuif
Afbreking: skuif


Werkwoord: skuif
Verlede tyd: het geskuif
Teenwoordige deelwoord: skuiwend, skuiwende
Verlede deelwoord: geskuifde

Betekenis:
• Om na 'n ander plek te beweeg.
• Om een van die stukke van 'n bordspel te beweeg.

Gebruik:
• Hy skuif sy stoel onder die tafel in.
• Sy het  haar pion vorentoe geskuif.

Spreekwoord:
• Op die lange baan skuif. [Vir 'n onbepaalde tyd uitstel.]
• Iemand iets in die skoene skuif. [Iemand ten onregte van iets beskuldig.]

Vertaling:
Engels: to move, slide
Nederlands: schuiven


Selfstandige naamwoord: skuif
Meervoud: skuiwe
Verkleinwoord: skuifie
Meervoud van verkleining: skuifies

Betekenis:
• Die handeling om iets van posisie of plek te laat verander.

Gebruik:
• Jy moet mooi dink voordat jy jou volgende skuif maak.

Afgelei:
• skuifspeld

Vertaling:
Engels: move
Nederlands: zet

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: skut
Volgende onderwerp: skuins
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do. Sep. 10 18:18:36 UTC 2026