Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » skade
skade [boodskap #129047] Sa, 04 Januarie 2020 08:44
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20209
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
skade
Afbreking: ska•de


Selfstandige naamwoord: skade
Meervoud:

Betekenis:
• 'n Verlies of terugslag wat gely word weens omstandighede buite jou beheer.
• (ongewoon) Digterlik vir skaduwee.

Gebruik:
• Die vandale het baie skade aan die gebou aangerig.
• En blink in die dof-lig en kaal, so wyd as die Heer se genade, lê die velde in sterlig en skade. [Winternag, Eugène Marais]

Spreekwoord:
• Met skade en skande van iets afkom. [Geldelik en sedelik ly.]
• Deur skade en skande word 'n mens wys. [Deur onaangename ondervindings leer 'n mens.]
• Ver van jou goed, naby jou skade. [As jy nie self jou sake behartig nie, moet jy verliese verwag.]

Hiponiem:
• brandskade
• waterskade

Afgelei:
• skadebepaling
• skadevergoeding

Vertaling:
Engels: damage, loss, harm
Nederlands: schade

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: skaars
Volgende onderwerp: skadu
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Sep 19 05:15:16 MGT 2024