Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » sirkel
sirkel [boodskap #129043] Sa, 04 Januarie 2020 07:28
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20216
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Sirkel met radius r en deursnee d.
'n Sirkel met radius r en deursnee d.
sirkel
Afbreking: sir•kel


Selfstandige naamwoord: sirkel
Meervoud: sirkels
Verkleinwoord: sirkeltjie
Meervoud van verkleining: sirkeltjies

Betekenis:
• 'n Ronde voorwerp met twee punte wat bymekaar kom.
• (wiskunde) 'n Reeks punte in 'n tweedimensionaal vlak wat almal ewe ver van die middelpunt is.

Gebruik:
• Gebruik jou potlood en passer om 'n sirkel te teken.
• 'n Sirkel met radius r het 'n omtrek van 2ⲡr en 'n oppervlak van ⲡr2.

Hiperoniem:
• keëlsnit

Vertaling:
Engels: circle, ring
Nederlands: cirkel


Werkwoord: sirkel
Verlede tyd: het gesirkel
Teenwoordige deelwoord: sirkelende

Betekenis:
• In die rondte draai.

Gebruik:
• 'n Aasvoël sirkel om die karkas.

Vertaling:
Engels: to circle
Nederlands: cirkelen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: sintuig
Volgende onderwerp: sitkamer
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Sep 19 22:43:53 MGT 2024