Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » simbool
simbool [boodskap #129041] Vr, 03 Januarie 2020 19:34
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20216
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
simbool
Afbreking: sim•bool
Uitspraak: /səmˈbuə̯ɫ/


Selfstandige naamwoord: simbool
Meervoud: simbole
Verkleinwoord: simbooltjie
Meervoud van verkleining: simbooltjies

Betekenis:
• 'n Teken of voorwerp wat iets anders voorstel; iets wat 'n bepaald idee, konsept of objek verteenwoordig.
• 'n Wiskundige teken.

Gebruik:
• Die duif is 'n die internasionale simbool van vrede.
• Die plusteken (+) is die simbool vir optelling.

Hiponiem:
• nulsimbool
• sekssimbool
• statussimbool
• vredesimbool

Afgelei:
• simboliek
• simbolies
• simboliseer

Verwant:
• kenteken
• merk

Vertaling:
Engels: symbol, emblem
Nederlands: symbool

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: silwer
Volgende onderwerp: sintuig
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Sep 20 04:00:48 MGT 2024