Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » silwer
silwer [boodskap #129040] Vr, 03 Januarie 2020 19:10
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20216
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
silwer
Afbreking: sil•wer
Uitspraak: /ˈsəl.vər/


Selfstandige naamwoord: silwer
Meervoud:

Betekenis:
• (chemie) 'n Glansende wit metaal en chemiese element in die periodieke tabel met die simbool Ag en atoomgetal van 47.
• (kleur) Die kleur van silwer; silwerkleurig.
• 'n Silwermedalje vir die tweede plek.

Gebruik:
• Goud is duurder as silwer. Silwer het die hoogste elektriese en termiese geleidingsvermoë van alle metale.
• Het julle die hangertjie in silwer?
• Die atleet het silwer by die Olimpiese Spele gekry.

Spreekwoord:
• Swye is goud, spreek is silwer. [Dis dikwels die beste om liewers niks te sê nie.]

Afgelei:
• silweratoom
• silwerbruilof
• silwerverbinding

Vertaling:
Engels: silver
Nederlands: zilver


Byvoeglike naamwoord: silwer
Vergrotende trap: silwerder
Oortreffende trap: silwerste
Attributief: silwer

Betekenis:
• Soos die kleur van silwer; silwerkleurig.

Gebruik:
• Sy hare was silwer van die ouderdom.

Vertaling:
Engels: silver
Nederlands: zilver

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: siening
Volgende onderwerp: simbool
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Sep 20 06:36:53 MGT 2024