Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » saamgaan
saamgaan [boodskap #129009] Vr., 03 Januarie 2020 09:09
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 24160
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
saamgaan
Afbreking: saam•gaan
Samestelling: saam + gaan


Werkwoord: gaan saam, saamgaan
Verlede tyd: het saamgegaan
Teenwoordige deelwoord: saamgaande

Betekenis:
• Om saam met ander na 'n plek (weg van die spreker) te beweeg.
• Om by iets anders te pas.
• Om saam met iets te stem.

Gebruik:
• Ons gaan visvang; wil jy saamgaan?
• Onreg en boosheid gaan dikwels saam.
• Ek het nie daarmee saamgegaan nie.

Sinoniem:
• meegaan
• pas
• saamneem
• saamstem
• vergesel

Vertaling:
Engels: to go along, accompany; to go together; to agree
Nederlands: samengaan

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: rei
Volgende onderwerp: saamneem
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma. Des. 22 00:42:56 UTC 2025