| ruil [boodskap #129001] |
Do., 02 Januarie 2020 19:07 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24181 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Appels word geruil.
ruil
Afbreking: ruil
Werkwoord: ruil
Verlede tyd: het geruil
Teenwoordige deelwoord: ruilend, ruilende
Verlede deelwoord: geruilde
Betekenis:
• Om iets vir iemand te gee en iets anders terug te kry.
• Om een ding met 'n ander te vervang.
Gebruik:
• Hulle ruil sitplekke.
• Hy ruil die kar se band.
Spreekwoord:
• As twee ruil, moet een huil. [By 'n ruiltransaksie trek een party altyd aan die kortste end.]
Sinoniem:
• wissel
Hiponiem:
• inruil
• omruil
• uitruil
• verruil
Afgelei:
• ruilbaar
• ruiler
• ruilery
• ruilhandel
• ruiling
Vertaling:
Engels: to exchange, barter
Nederlands: ruilen
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|