| sluk [boodskap #128993] |
Do., 02 Januarie 2020 14:18 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 26723 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
|
Senior Lid |
|
|
sluk
Afbreking: sluk
Werkwoord: sluk
Verlede tyd: het gesluk
Teenwoordige deelwoord: slukkend, slukkende
Verlede deelwoord: geslukte
Betekenis:
• Om kos of vloeistof van die mond deur die keel na die maag te laat gaan.
• Om iets moeiliks te aanvaar; verdra en nie daarop reageer nie.
Gebruik:
• Sy sluk te veel pille.
• Hy moes maar die vernedering sluk.
Spreekwoord:
• 'n Bitter pil om te sluk. [Moeilik om te verwerk.]
Afgelei:
• afsluk
Vertaling:
Engels: to swallow; to put up, endure
Nederlands: slikken
Selfstandige naamwoord: sluk
Meervoud: slukke
Verkleinwoord: slukkie
Meervoud van verkleining: slukkies
Betekenis:
• Hoeveel 'n mens met en sluk wegsluk; 'n teug.
• Die slukgedeelte van die keel.
Gebruik:
• Die brak gee een haastige sluk en die hele been is weg. Hy neem 'n slukkie water.
• Sy slaan hom op sy sluk en hardloop weg.
Spreekwoord:
• Dis al 'n hele sluk op die bottel. [Dit help baie.]
• Dit skeel 'n hele sluk op die bottel. [Dit maak 'n groot verskil.]
Afgelei:
• slukderm
• slukpyp
Vertaling:
Engels: gulp, mouthful
Nederlands: slok
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|