Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » regverdig
regverdig [boodskap #128963] Di., 31 Desember 2019 20:23
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 27240
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
Senior Lid
regverdig
Afbreking: reg•ver•dig


Werkwoord: regverdig
Verlede tyd: het geregverdig
Teenwoordige deelwoord: regverdigend, regverdigende
Verlede deelwoord: geregverdigde

Betekenis:
• Om iets te motiveer en goed te praat; ten gunste daarvan wees.

Gebruik:
• Hoe regverdig jy sulke optrede?

Vertaling:
Engels: to justify
Nederlands: rechtvaardigen


Byvoeglike naamwoord: regverdig
Vergrotende trap: regverdiger
Oortreffende trap: regverdigste
Attributief: regverdige
Partitief: regverdigs

Betekenis:
• In ooreenstemming met bepaalde etiese beginsels.

Gebruik:
• Elkeen moet 'n regverdige kans kry.

Sinoniem:
• billik

Antoniem:
• onregverdig

Afgelei:
• regverdige (s.nw.)
• regverdigheid

Vertaling:
Engels: fair, just, righteous
Nederlands: rechtvaardig

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: reguit
Volgende onderwerp: rek
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do. Nov. 26 04:42:20 UTC 2026