| suurlemoen [boodskap #128863] |
Vr., 27 Desember 2019 15:38 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24182 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
'n Suurlemoen.
suurlemoen
Afbreking: suur•le•moen
Samestelling: suur + lemoen
Uitspraak: /ˈsɨːrləˌmun/
Selfstandige naamwoord: suurlemoen
Meervoud: suurlemoene
Verkleinwoord: suurlemoentjie
Meervoud van verkleining: suurlemoentjies
Betekenis:
• 'n Geel, ellipsoïdale sitrusvrug met 'n hoë suurgehalte, Citrus limon.
Gebruik:
• 'n Suurlemoen bevat vitamien C en die sap word as geurmiddel in geregte en gebak soos koek gebruik.
Afgelei:
• suurlemoenboom
• suurlemoensap
• suurlemoenskil
• suurlemoenskyf
Vertaling:
Engels: lemon
Nederlands: citroen
Venda: tshikavhavhe
Xhosa: ilamuni
Zoeloe: ulamula
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|