| oranje [boodskap #128862] |
Vr., 27 Desember 2019 06:47 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24182 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Skakerings van oranje.
oranje
Afbreking: o•ran•je
Byvoeglike naamwoord: oranje
Vergrotende trap: oranjier
Oortreffende trap: oranjeste
Attributief: oranje
Partitief: oranjes
Intensief: skeloranje
Betekenis:
• Met 'n kleur tussen geel en rooi.
Gebruik:
• Die prisoniers dra oranje oorpakke.
afgelei:
• oranjekleurig
Vertaling:
Engels: orange
Nederlands: oranje
Selfstandige naamwoord: oranje
Meervoud: –
Betekenis:
• Sekondêre kleur in die ligspektrum tussen geel en rooi, met 'n golflengte van 620 - 585 nanometer, soos die kleur van 'n lemoen.
Gebruik:
• Het julle hierdie rok in oranje?
Vertaling:
Engels: orange
Nederlands: oranje
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|