| ontbreek [boodskap #128818] |
Di., 24 Desember 2019 18:27 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24162 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
ontbreek
Afbreking: ont•breek
Werkwoord: ontbreek
Verlede tyd: het ontbreek
Teenwoordige deelwoord: ontbrekend, ontbrekende
Betekenis:
• Om nie teenwoordig/aanwesig te wees nie; afwesig wees; gemis word.
Gebruik:
• Daar ontbreek 'n lêer op die hardeskyf.
Sinoniem:
• kort
• makeer
• ontbeer
• skeel
• tekortskiet
Vertaling:
Engels: to be absent, lack, be missing, wanting
Nederlands: ontbreken
Nota:
• Woorde wat met "ont-" begin, kry nie 'n "ge-" in die verlede tyd nie.
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|