Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » Uit "Raka" deur N.P. VAN WYK LOUW
Uit "Raka" deur N.P. VAN WYK LOUW [boodskap #12846] Di, 24 Februarie 1998 00:00 na volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
Uit RAKA
N.P. van Wyk Louw

Die Nag ('n Fragment)

.... net een het deur die nag
toe die dodefees luid by die bierpotte was,
langs die stil Koki gesit en met pluksels gras
sy liggaam gereinig waar hy gebreek was en bevuil
deur Raka, die bose; en sy het nie gehuil -
die oudste van die vroue wat veel bewaar
van die stam se herinnerings en van sy swaar,
en met hul liedere die kinders en die jong seuns voed
soos aan 'n naelstring van sagte,kloppende bloed
in die skemeraande - sy't stil gesing
voor haar uit van die heilige, glansende kring
van geboorte en dood en geboorte en dood;
van die vroue se wag en hul pyn; en die groot
skoonheid van die dapper man in die stryd.
En toe 't sy gesing van die ver tyd
toe Koki se vader 'n sterk man was,
en hy self, 'n kind, met die klein kwas
aan elke knie, die bendes gelei 't
van die seuns deur die riete en deur die nabye
grasruie plate; en toe 't sy genoem
die skoonheid van sy skouers, en sy snelheid geroem
in die jag en die stryd, en sy lengte, sy rug,
sy pragtige bene, sy bors en die vlug
van sy blink asgaaie....
en luider het haar lied
geroep van die jong ryp vroue se verdriet
en die kinders wat hy nooit, nooit meer sal hê;

en toe 't sy die swart dier genoem wat lê
in die nag en die plasse, en Koki se moed,
en die speel van sy wapens en die trots voet
wat nooit stil by die pale van die hek kon bly:
hoe hy úitgedans het om in die swart woud te stry
teen iets wat beestelik en magtiger is,
en hoe hy sy bruilof in die koue duisternis
van die groot moerasse gevier het.
En nou
het sy die lied stil en laag gehou:
van die verlore menslikheid; van die klein kraal
wat in die swart bome lê en snags straal
met sy vure; en sy 't gekla: wie hom nóu sal red
teen die groot dier wat wag, wié sal belet
dat hy inkom en heers?
En stiller en sagter:
dat die skoonste gesterf het, dat die edelste wagter
koud lê langs sy vuur, en sy stam lê oop
soos 'n óu kraal in die gras waar die jakkalsies loop
deur die riete bedags.
Re: Uit "Raka" deur N.P. VAN WYK LOUW [boodskap #12876 is 'n antwoord op boodskap #12846] Wo, 25 Februarie 1998 00:00 Na vorige boodskap
Hellin Gervaas  is tans af-lyn  Hellin Gervaas
Boodskappe: 191
Geregistreer: Januarie 1998
Karma: 0
Senior Lid
Pragtig !

Hilda
Vorige onderwerp: "Die Lang Pad" deur ANNE MARIE CONRADIE
Volgende onderwerp: 'n S Hofmeyer rympie
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Apr 29 13:23:23 MGT 2024