Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » naald
naald [boodskap #128753] Do., 19 Desember 2019 19:44
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 24181
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Naald en 'n knoop.
'n Naald en 'n knoop.
naald
Afbreking: naald


Selfstandige naamwoord: naald
Meervoud: naalde
Verkleinwoord: naaldjie
Meervoud van verkleining: naaldjies

Betekenis:
• 'n Dun stukkie metaal met 'n skerp punt en 'n gaatjie (oog) waardeur gare gedruk word.
• Iets wat aan so 'n stukkie metaal met 'n skerp punt herinner (naald voor aan 'n inspuiting, kompasnaald, dennenaald, ens.)

Gebruik:
• Sy werk die knoop met 'n naald en garing was.
• Die verpleegster het hom met 'n dik naald op die boud ingespuit.

Spreekwoord:
• Van 'n naald tot 'n koevoet. [Alles.]
• 'n Draad vir elke naald hê. [Altyd 'n antwoord gereed hê.]
• Na 'n naald in die hooimied soek. ['n Onbegonne taak onderneem.]
• 'n Mens kan hom deur 'n naald trek. [Hy is baie netjies aangetrek.]
• Van die naald af aan die bas. [Gesê van 'n nuwe kledingstuk wat dadelik aangetrek word.]

Hiponiem:
• borduurnaald
• breinaald
• deklinasienaald
• deknaald
• dennenaald
• etsnaald
• gedenknaald
• grammofoonnaald
• graveernaald
• haarnaald
• hegnaald
• hekelnaald
• inklinasienaald
• inspuitnaald
• justeernaald
• knoopnaald
• kompasnaald
• kristalnaald
• magneetnaald
• naainaald
• rygnaald
• seilnaald
• skuifnaald
• spuitnaald
• stiknaald
• stopnaald
• tapisserienaald
• toetsnaald

Afgelei:
• naaldafwyking
• naaldboom
• naaldbos
• naaldekussing
• naalderig
• naaldewerk
• naaldhouer
• naaldhout
• naaldkant
• naaldskerp
• naaldsteek
• naaldstruktuur
• naaldvormig
• naaldwerk
• naaldwoude
• naaldwurm
• naaldwyser

Vertaling:
Engels: needle
Nederlands: naald

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: beywer
Volgende onderwerp: nael
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo. Des. 24 18:53:32 UTC 2025