| musikant [boodskap #128713] |
Ma., 16 Desember 2019 16:15 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 26354 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
|
Senior Lid |
|
|
Musikante
musikant
Afbreking: mu•si•kant
Selfstandige naamwoord: musikant
Meervoud: musikante
Verkleinwoord: musikantjie
Meervoud van verkleining: musikantjies
Betekenis:
• 'n Persoon wat musiek maak (skeppend of uitvoerend).
Gebruik:
• Die orkes se musikante oefen twee keer per week saam.
Sinoniem:
• musiekmaker
• musiekspeler
• musikus (in akademiese konteks)
Hiponiem:
• beroepsmusikant
• straatmusikant
Vertaling:
Engels: musician
Nederlands: muzikant
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|