Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » motiveer
motiveer [boodskap #128709] So., 15 Desember 2019 20:45
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 24182
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
motiveer
Afbreking: mo•ti•veer


Werkwoord: motiveer
Verlede tyd: het gemotiveer
Teenwoordige deelwoord: motiverend, motiverende
Verlede deelwoord: gemotiveerde

Betekenis:
• Om die rede vir iets te verduidelik; van argumente voorsien.
• Om iemand te ondersteun en aan te moedig om iets te doen; entoesiasties maak.

Gebruik:
• Jy sal jou besluit in die hof moet motiveer.
• Die kaptein motiveer sy span voor die groot wedstryd.

Sinoniem:
• bewys
• staaf
• aanmoedig
• aanspoor
• aanvuur
• inspireer

Antoniem:
• demotiveer

Afgelei:
• motiveerbaar
• motiveerder
• motiveermiddel
• motivering

Vertaling:
Engels: to motivate, account for, give reasons for
Nederlands: motiveren

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: balsak
Volgende onderwerp: mus
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do. Des. 25 12:50:47 UTC 2025