| bolplant [boodskap #128650] |
Wo., 11 Desember 2019 18:18 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24133 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Uie is 'n bekende bolplant.
bolplant
Afbreking: bol•plant
Samestelling: bol + plant
Selfstandige naamwoord: bolplant
Meervoud: bolplante
Verkleinwoord: bolplantjie
Meervoud van verkleining: bolplantjies
Betekenis:
• 'n Plant met 'n bol onder die grond waarin voedsel gestoor word.
Gebruik:
• 'n Bolplant bestaan uit 'n skyfvormige stingel waaruit die vlesige blare, wat die bol vorm, ontstaan.
Sinoniem:
• bolgewas
• knolgewas
Hiponiem:
• hiasint
• kanna
• saffraankrokus
• tulp
• ui
Vertaling:
Engels: bulbous plant
Nederlands: bolgewas
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|