Betekenis:
• 'n Klein, ronde balletjie met 'n gaatjie waardeur 'n toutjie gesteek kan word; deurboorde versiersel.
Gebruik:
• Sy dra altyd die mooiste helder krale.
Vertaling:
Engels: bead
Nederlands: kraal
Beeste in 'n kraal.
Selfstandige naamwoord: kraal
Meervoud: krale
Verkleinwoord: kraaltjie
Meervoud van verkleining: kraaltjies
Betekenis:
• 'n Omheinde ruimte vir vee; plek van takke, klippe, ens. om diere soos skape en beeste in te hou.
• Rondawels of hutte wat omhein is, soos 'n Bantoe-dorpie.
Gebruik:
• Jaag die skape in die kraal.
• Gert Maritz het vir Retief gewaarsku om nie weer na Dingaan se kraal te gaan nie.
Spreekwoord:
• Dis net so in sy kraal. [Dis net wat hy wil hê.]
• Die hek is uit die kraal. [Daar is nie meer toesig nie.]
• Al sy ossies is nie in die kraal nie. [Hy is nie by sy volle verstand nie.]
• Baie mak skape gaan in een kraal. [Vredeliewende mense kan maklik saamwoon.]
• Agteros kom ook in die kraal. [Al is ’n mens hoe stadig, kom jy ook maar waar jy wil wees.]