Leksikograaf Boodskappe: 24100 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
kou
Afbreking: kou
Werkwoord: kou
Verlede tyd: het gekou
Teenwoordige deelwoord: kouende
Betekenis:
• Om d tande te gebruik om kos fyn te maak voor dit gesluk word.
Gebruik:
• Eet stadiger en kou jou kos ordentlik.
Spreekwoord:
• Baie harde bene kou. [Baie swaar kry.]
• Die arme man kou draad. [Hy kry swaar.]
• Hulle kou op graniet. [Hulle sal niks uitrig nie.]
• Meer afbyt as wat jy kan kou. [Meer onderneem as wat jy kan uitvoer.]
• Armoede leer bene kou. [Deur armoede leer 'n mens om vindingryk te wees.]
Afgelei:
• herkou
• kougom
Vertaling:
Engels: to chew, munch, masticate
Nederlands: kauwen
'n Kou.
Selfstandige naamwoord: kou
Meervoud: koue
Verkleinwoord: koutjie
Meervoud van verkleining: koutjies
Betekenis:
• 'n Hok vir voëls.
• (digterlik) Koue; 'n lae temperatuur.
Gebruik:
• Die papegaai sit in sy kou.
• In elk’ grashalm se vou blink ’n druppel van dou, en spoedig verbleek dit tot ryp in die kou! [Eugène Marais]