| koeldrank [boodskap #128570] |
Do., 05 Desember 2019 17:32 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24192 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Koeldranke op 'n winkelrak.
koeldrank
Afbreking: koel•drank
Samestelling: koel + drank
Selfstandige naamwoord: koeldrank
Meervoud: koeldranke
Verkleinwoord: koeldrankie
Meervoud van verkleining: koeldrankies
Betekenis:
• Koue vloeistof vir menslike inname, nie-alkoholies en gewoonlik soet.
Gebruik:
• Die eerste koeldrank is in die 17de eeu in die Westerse wêreld bemark.
Hiponiem:
• gaskoeldrank
• aanmaakkoeldrank
Afgelei:
• koeldrankbottel
• koeldrankblik
Vertaling:
Engels: cool drink, soft drink
Nederlands: frisdrank
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|