Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » lok
lok [boodskap #128514] Ma., 25 November 2019 20:00
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 24133
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
lok
Afbreking: lok
Uitspraak: /lɔk/


Selfstandige naamwoord: lok
Meervoud: lokke
Verkleinwoord: lokkie
Meervoud van verkleining: lokkies

Betekenis:
• 'n Bondel of klossie hare; haarkrul.

Gebruik:
• Die meisie het pragtige goue lokke.

Hiponiem:
• haarlok
• rastalok

Vertaling:
Engels: lock of heir, curl
Nederlands: lok


Werkwoord: lok
Verlede tyd: het gelok
Teenwoordige deelwoord: lokkende

Betekenis:
• Om 'n mens of dier aan te trek of te verlei om nader te kom.

Gebruik:
• Die reuk van die kos lok die vlieë.
• Die muis word met kaas in die slagyster in gelok.

Afgelei:
• lokmiddel
• lokval
• lokvink
• lokvoël
• uitlok
• weglok

Vertaling:
Engels: to entice, lure, bait, decoy
Nederlands: lokken

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: gelowige
Volgende onderwerp: plantjie
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do. Des. 18 10:38:33 UTC 2025