Betekenis:
• 'n Plat, ronde voorwerp waarmee 'n mens dele van 'n kledingstuk vasmaak.
• Plek in 'n draad, lyn of tou met 'n lus waardeur een ent deurgetrek is.
• Snelheidsmaat wat in die seevaart gebruik word.
• Vloek; lelik praat.
Gebruik:
• Sy hemp se knoop het afgeval.
• Sy probeer die knoop in die tou losmaak.
• Een knoop is een seemyl per uur, ongeveer 1,8 kilometer per uur.
• Hy los die een knoop na die ander.
Spreekwoord:
• Die knoop deurhak. ['n Moeilike saak oplos of afhandel.]
• Die knoop sit aan die end van die riem. [Die moeilikheid kom eers later.]
• Maak 'n knoop in jou sakdoek. [Probeer om iets te onthou.]
Hiponiem:
• mansjetknoop
• sierknoop
Vertaling:
Engels: button; knot, tie
Nederlands: knoop