Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » muf
muf [boodskap #128457] Vr., 22 November 2019 19:56
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 27240
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
Senior Lid
muf
Afbreking: muf
Uitspraak: /mœf/


Byvoeglike naamwoord: muf
Vergrotende trap: muwwer
Oortreffende trap: mufste
Attributief: muwwe

Betekenis:
• Wat onaangenaam en bedorwe ruik.

Gebruik:
• Die kelder ruik muf.

Afgelei:
• mufheid

Vertaling:
Engels: stale, musty, stuffy
Nederlands: muf


Selfstandige naamwoord: muf
Meervoud: –

Betekenis:
• Skimmel wat op kos of klam plekke groei.

Gebruik:
• Moenie vrugte eet as daar muf op is nie.

Sinoniem:
• skimmel
• witroes

Afgelei:
• mufreuk

Vertaling:
Engels: mould, mildew
Nederlands: schimmel


Werkwoord: muf
Verlede tyd: het gemuf
Teenwoordige deelwoord: muffend, muffende
Verlede deelwoord: gemufde, gemufte

Betekenis:
• Om te verskimmel en te bederf.

Gebruik:
• Die brood muf vinnig in die warm, vogtige weer.

Afgelei:
• mufagtig
• muwwerig
• vermuf

Vertaling:
Engels: to become musty, grow mouldy
Nederlands: muf worden, beschimmelen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: wurg
Volgende onderwerp: klem
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do. Nov. 26 05:38:55 UTC 2026