| smous [boodskap #128368] |
Do., 14 November 2019 16:55 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 26515 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
|
Senior Lid |
|
|
Geen smouse.
smous
Afbreking: smous
Uitspraak: /smœu̯s/
Selfstandige naamwoord: smous
Meervoud: smouse
Verkleinwoord: smousie
Meervoud van verkleining: smousies
Betekenis:
• 'n Rondreisende handelaar wat goedere van plek tot plek verkoop.
Gebruik:
• Die bondeldraermonument op Graaff-Reinet is opgerig ter ere van die Joodse smouse se bydrae tot die Suid-Afrikaanse ekonomie.
Sinoniem:
• marskramer
Afgelei:
• pannekoeksmous
• straatsmous
Vertaling:
Engels: hawker, pedlar
Nederlands: smous
Werkwoord: smous
Verlede tyd: het gesmous
Teenwoordige deelwoord: smousend, smousende
Verlede deelwoord: gesmousde
Betekenis:
• Om van plek tot plek te verkoop; ruilhandel dryf.
Gebruik:
• Pasop, die man smous met dwelms!
Vertaling:
Engels: to hawk
Nederlands: smousen, smouzen
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|