| informasie [boodskap #128346] |
Wo., 13 November 2019 20:25 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 26571 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
|
Senior Lid |
|
|
informasie
Afbreking: in•for•ma•sie
Selfstandige naamwoord: informasie
Meervoud: –
Betekenis:
• Inligting wat aan iemand gegee word wat die persoon nie vantevore gehad het nie.
• Die resultaat van data wat versamel, verwerk en georganiseer is om die kennis van die ontvanger te verryk.
Gebruik:
• Vir jou informasie, is ek nie so onnosel as wat jy blykbaar dink nie!
• Soos die koste van transistors laer geword het, is informasie toenemend gedigitaliseer en rekenaarmatig verwerk.
Sinoniem:
• gegewens
• kennis
• inligting
Antoniem:
• disinformasie
Afgelei:
• informasieburo
• informasiekanale
• informasiekantoor
• informasietegnologie
• informasieteorie
Vertaling:
Engels: information
Nederlands: informatie
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|