Betekenis:
• 'n Toestel waarmee mense wat ter dood veroordeel is om die lewe gebring word.
Gebruik:
• Die moordenaar word na die galg gelei.
Spreekwoord:
• So slim soos die houtjie van die galg. [Baie geslepe.]
• Dis botter aan die galg smeer. [Dit is vergeefse moeite.]
• Bou 'n galg vir ander, dan hang jy self daar aan. [As jy 'n ander in die moeilikheid wil bring, oorval die ongeluk jou dikwels self.]