Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » kleinletter
kleinletter [boodskap #128302] Sa., 09 November 2019 18:51
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 26326
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
Senior Lid
kleinletter
Afbreking: klein•let•ter
Samestelling: klein + letter


Selfstandige naamwoord: kleinletter
Meervoud: kleinletters
Verkleinwoord: kleinlettertjie
Meervoud van verkleining: kleinlettertjies

Betekenis:
• 'n Letter (a-z) wat in vorm kleiner as 'n hoofletter (A-Z) is.

Gebruik:
• Die onbepaalde lidwoord, 'n, word as 'n reël met 'n kleinletter geskryf.
• 'n Sin begin meestal met 'n hoofletter, waarna die res van die woorde met kleinletters geskryf word.

Antoniem:
• hoofletter

Afkorting:
• kl.

Vertaling:
Engels: lowercase letter
Nederlands: kleine letter, onderkast

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.

[Bygewerk op: Sa., 29 Augustus 2026 18:59]

Rapporteer boodskap aan 'n moderator

Vorige onderwerp: hoofletter
Volgende onderwerp: hoofman
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma. Aug. 31 06:59:56 UTC 2026