| hok [boodskap #128300] |
Sa., 09 November 2019 18:22 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24133 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
'n Tier in 'n hok.
hok
Afbreking: hok
Selfstandige naamwoord: hok
Meervoud: hokke
Verkleinwoord: hokkie
Meervoud van verkleining: hokkies
Betekenis:
• Plek waarin diere gehou word; afgekampte gebied of houer waarin diere aangehou word.
Gebruik:
• Hy maak die voëls se hok skoon.
Spreekwoord:
• Hy het nie al sy varkies in die hok nie. [Hy is 'n bietjie mal.]
• Nie al jou kalwers in die hok hê nie. [Nie heeltemal reg wees nie.]
Afgelei:
• duiwehok
• hoenderhok
• hondehok
• vanghok
• voëlhok
• wildshok
Vertaling:
Engels: cage, sty, pen, dungeon, run, cote, kennel
Nederlands: hok
Werkwoord: hok
Verlede tyd: het gehok
Betekenis:
• Om op hok te plaas, of verbied om uit te gaan.
Gebruik:
• Ek kan nie saamkom nie, my ouers het my gehok.
Sinoniem:
• hokslaan
• inhok
• opsluit
Vertaling:
Engels: to cage, lock up
Nederlands: opsluiten, kooien
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|