| roep [boodskap #128293] |
Sa., 09 November 2019 16:10 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24133 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
roep
Afbreking: roep
Uitspraak: /rup/
Werkwoord: roep
Verlede tyd: het geroep
Teenwoordige deelwoord: roepende
Betekenis:
• Om iemand se aandag trek deur die stem te verhef.
• Om iemand te vra om te kom; ontbied.
Gebruik:
• Die babatjie roep na sy ma.
• Gaan roep jou boete vir ete.
Spreekwoord:
• Kruis of munt roep. [Die voor- of agterkant van die muntstuk.]
• Soos 'n stem wat roep in die woestyn. ['n Tevergeefse poging om iemand van iets te oortuig.]
Hiponiem:
• aanroep
• herroep
• saamroep
• terugroep
• uitroep
Vertaling:
Engels: to call, cry, summon
Nederlands: roepen
Selfstandige naamwoord: roep
Meervoud: roepe
Verkleinwoord: roepie
Meervoud van verkleining: roepies
Betekenis:
• Harde geluid wat met die stem geuiter word, tipies om iemand nader te roep.
Gebruik:
• Die roep van 'n visarend is so kenmerkend dat dit as die "stem van Afrika" bekend staan.
Sinoniem:
• skreeu
Antoniem:
• fluistering
Afgelei:
• roepafstand
• roeper
• roepgeluid
• roeping
Vertaling:
Engels: call, cry, shout
Nederlands: roep
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|