| galm [boodskap #128283] |
Sa., 09 November 2019 08:03 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24133 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
galm
Afbreking: galm
Uitspraak: /χalm/
Werkwoord: galm
Verlede tyd: het gegalm
Teenwoordige deelwoord: galmende
Betekenis:
• Om 'n swaar, weerklinkende geluid te maak.
Gebruik:
• Sy stem galm deur die huis se gang.
Hiponiem:
• weergalm
Vertaling:
Engels: to echo, reverbate
Nederlands: galmen
Selfstandige naamwoord: galm
Meervoud: galms
Verkleinwoord: galmpie
Meervoud van verkleining: galmpies
Betekenis:
• 'n Swaar, weerklinkende klank wat voortduur nadat die oorspronklike klank verwyder is.
Gebruik:
• Die galm in die ou kerk is besonder lank.
Vertaling:
Engels: echo, rebound
Nederlands: galm
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|