Tuis » Taal » Woordeboek » hitte
hitte [boodskap #128221] |
Sun, 03 November 2019 16:41 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 21258 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
hitte
Afbreking: hit•te
Uitspraak: /ˈɦɪtə/
Selfstandige naamwoord: hitte
Meervoud: –
Verkleinwoord: hittetjie
Meervoud van verkleining: hittetjies
Betekenis:
• Die warmte van iets.
• Energie wat uitgestraal word.
Gebruik:
• Met die hitte van die vuur kook die water sommer vinnig.
• Alle atome en molekules vibreer en ons ervaar dit as hitte.
Spreekwoord:
• Hitte van die oomblik. [Sonder bedagsame oorweging.]
Sinoniem:
• warmte
Antoniem:
• koue
Afgelei:
• hitte-oordrag
• hitte-uitputting
• hittebestand
• hittegolf
• hittegraad
• hittehouvermoë
• hittevas
• somerhitte
Verwant:
• temperatuur
Vertaling:
Engels: heat
Nederlands: hitte
Xhosa: ubushushu
Zoeloe: ukushisa, ukufudumala
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Wed Feb 19 16:28:55 UTC 2025
|