Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » heilig (héilig)
heilig [boodskap #128207] So., 03 November 2019 06:56
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 26026
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
Senior Lid
heilig
Afbreking: hei•lig
Samestelling: heil + -ig


Byvoeglike naamwoord: heilig
Vergrotende trap: heiliger
Oortreffende trap: heiligste
Attributief: heilige
Partitief: heiligs

Betekenis:
• Wat 'n skoon lewe sonder sonde lei; geestelik en sedelik verhewe.
• Wat spesiaal is en gerespekteer word; vir 'n gewyde doel opsy gesit.

Gebruik:
• Die Bybel is die heilige boek van die Christelike geloof.
• Die grond waarop jy loop is heilig. Die huwelik is 'n heilige instelling.

Antoniem:
• onheilig

Afgelei:
• heiliges
• heiligheid
• heiligmaking
• skynheilig

Vertaling:
Engels: holy; sacred
Nederlands: heilig


Bywoord: heilig

Betekenis:
• Wat geestelik en sedelik verhewe is.

Gebruik:
• Hy het heilig geleef.

Vertaling:
Engels: holy; sacred
Nederlands: heilig


Werkwoord: heilig
Verlede tyd: het geheilig
Verlede deelwoord: geheiligde

Betekenis:
• Om aan God op te dra; vir godsdienstige doeleindes te wy of te seën.

Gebruik:
• Ons Vader wat in die hemel is, laat u Naam geheilig word; laat u Koninkryk kom; laat u wil geskied, soos in die hemel, net so ook op die aarde.[Onse Vader]

Spreekwoord:
• Die doel heilig die middele. [Tot die bereiking van 'n goeie doel is alle middele geoorloof.]

Vertaling:
Engels: to hallow, sanctify
Nederlands: heiligen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.

[Bygewerk op: Sa., 01 Augustus 2026 18:35]

Rapporteer boodskap aan 'n moderator

Vorige onderwerp: vaartuig
Volgende onderwerp: heining
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do. Aug. 06 20:16:07 UTC 2026