Tuis » Taal » Woordeboek » heilig (héilig)
heilig [boodskap #128207] |
Sun, 03 November 2019 06:56 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 21258 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
heilig
Afbreking: hei•lig
Byvoeglike naamwoord: heilig
Vergrotende trap: heiliger
Oortreffende trap: heiligste
Attributief: heilige
Partitief: heiligs
Betekenis:
• Wat 'n skoon lewe sonder sonde lei; geestelik en sedelik verhewe.
• Wat spesiaal is en gerespekteer moet word; vir 'n gewyde doel opsy gesit.
Gebruik:
• Die Bybel is die heilige boek van die Christelike geloof.
• Die grond waarop jy loop is heilig. Die huwelik is 'n heilige instelling.
Antoniem:
• onheilig
Afgelei:
• skynheilig
Vertaling:
Engels: holy; sacred
Nederlands: heilig
Bywoord: heilig
Betekenis:
• Geestelik en sedelik verhewe.
Gebruik:
• Hulle het heilig geleef.
Vertaling:
Engels: holy; sacred
Nederlands: heilig
Werkwoord: heilig
Verlede tyd: het geheilig
Betekenis:
• Aan God opgedra; vir godsdienstige doeleindes geseën of gewy.
Gebruik:
• Ons Vader wat in die hemel is, laat u Naam geheilig word; laat u Koninkryk kom; laat u wil geskied, soos in die hemel, net so ook op die aarde.[Onse Vader]
Spreekwoord:
• Die doel heilig die middele. [Tot die bereiking van 'n goeie doel is alle middele geoorloof.]
Vertaling:
Engels: to hallow, sanctify
Nederlands: heiligen
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Wed Feb 19 16:32:02 UTC 2025
|