Betekenis:
• 'n Trollie by 'n myn of aanleg wat op 'n spoor loop en maklik getiep kan word; spoortrollie vir die vervoer van erts, steenkool, gruis, graan, vrugte, ens.
Gebruik:
• 'n Koekepan word met die hand, trekdiere of 'n lokomotief getrek of gestoot en kan ook geskakel word om 'n trein te vorm.