Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » grawe
grawe [boodskap #128148] Sa., 26 Oktober 2019 07:10
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 24160
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Gat word gegrawe.
'n Gat word gegrawe.
grawe
Afbreking: gra•we


Werkwoord: grawe
Verlede tyd: het gegrawe
Teenwoordige deelwoord: grawende
Verlede deelwoord: gegraafde

Betekenis:
• Om 'n gat in die grond te maak.

Gebruik:
• Die hond grawe 'n gat in die tuin.

Spreekwoord:
• Hy grawe sy eie graf. [Hy bewerk self sy ondergang.]
• Hy grawe vir ander 'n graf. [Sy ondergang of ongeluk probeer bewerk.]
• Een gat grawe om 'n ander te vul. [Iemand benadeel om 'n ander te bevoordeel.]
• 'n Gat vir iemand grawe en self daar inval. [Iemand in moeilikheid lok, maar self daarin beland.]

Wisselvorm:
• graaf

Sinoniem:
• grou

Afgelei:
• begrawe
• ingrawe
• opgrawe
• uitgrawe

Vertaling:
Engels: to dig
Nederlands: graven


Selfstandige naamwoord: graaf
Meervoud: grawe
Verkleinwoord: grafie
Meervoud van verkleining: grafies

Betekenis:
• Meervoud van graaf; die gereedskap waarmee 'n mens in die tuin spit of grond skep.

Gebruik:
• Hoekom is hier vyf werkers en net twee grawe?

Vertaling:
Engels: spades, shovels
Nederlands: spaden, schoppen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: grap
Volgende onderwerp: groepwerk
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So. Des. 21 19:22:20 UTC 2025