| geluk [boodskap #128060] |
Sa., 19 Oktober 2019 08:18 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24182 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
geluk
Afbreking: ge•luk
Uitspraak: /χəˈlœk/
Selfstandige naamwoord: geluk
Meervoud: gelukke
Verkleinwoord: gelukkie
Meervoud van verkleining: gelukkies
Betekenis:
• 'n Gunstige toeval; voordelige kans of meevaller wat iemand tref.
• Toestand van tevredenheid; 'n gevoel as mens bly is en alles goed gaan; geseënde omstandighede.
• Die toewens van voorspoed, blydskap, ens.
Gebruik:
• Sy geluk het gedraai. Hy het die lotto gewen, die geluk is aan sy kant!
• Sy het uiteindelik geluk gevind. Die kind se gesig straal van geluk.
• Geluk met jou goeie punte. Veels geluk met jou verjaarsdag.
Spreekwoord:
• Geluk is maar 'n dag lank. [Geluk is van korte duur.]
• Die geluk het hom die rug toegekeer. [Alles loop verkeerd.]
• Die geluk het hom aangelag. [Hy is buitengewoon voorspoedig.]
• Hy het meer geluk as 'n hond op sy verjaarsdag. [Alles loop reg.]
• Jy kan nou van geluk praat. [Jy was gelukkig dat sake so goed verloop het.]
• Dit was meer geluk as wysheid. [Die sukses is meer aan geluk as aan iets anders te danke.]
• 'n Ons geluk is beter as 'n pond verstand. [Geluk help baie keer meer as verstand.]
• Daar is altyd geluk by die ongeluk. [Selfs in die ergste teenspoed is daar iets waarvoor 'n mens dankbaar moet wees.]
Sinoniem:
• blydskap
• voorspoed
• vreugde
• welvaart
Antoniem:
• ongeluk
Afgelei:
• beginnersgeluk
• gelukbringer
• gelukkig
• geluksalig
• gelukskind
• geluksoeker
• geluksvoël
• gelukwens
Vertaling:
Engels: luck, fortune, success; happiness, joy; congratulations
Nederlands: geluk
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|