| gons [boodskap #127990] |
Sa., 12 Oktober 2019 08:34 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24133 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
gons
Afbreking: gons
Werkwoord: gons
Verlede tyd: het gegons
Betekenis:
• Om 'n lang, dowwe, brommende geluid maak of te hoor (soos van 'n byekorf of 'n klomp mense wat gelyktydig praat).
• Om onderling te praat en te skinder.
Gebruik:
• Die internet gons oor die video van 'n kostelike 5-jarige.
• My ore het gegons van al die geselsery.
Spreekwoord:
• Werk, leer, oefen, ens. dat dit gons. [Iets met ywer doen.]
Sinoniem:
• ruis
• suis
Afgelei:
• gonser
• gonserig
• gonsery
• gonsing
• gonsgeluid
• gonsklank
• gonswoord
Vertaling:
Engels: to buzz, drone, hum
Nederlands: gonzen
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|