| knieviool [boodskap #127968] |
Wo., 09 Oktober 2019 19:05 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24133 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Die gusle, 'n eensnarige knieviool.
knieviool
Afbreking: knieviool
Samestelling: knie + viool
Selfstandige naamwoord: knieviool
Meervoud: knieviole
Verkleinwoord: knieviooltjie
Meervoud van verkleining: knieviooltjies
Betekenis:
• (verouderd) 'n Strykinstrument was tussen die knieë gehou word as mens dit speel, soos 'n tjello, basviool of violonsel.
Gebruik:
• Die musikant bespeel die knieviool.
Verwant:
• armviool
• beenviool
Vertaling:
Engels: gamba, viola
Nederlands: knieviool
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|