| enkel [boodskap #127961] |
Wo., 09 Oktober 2019 07:24 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24133 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Die enkel van 'n mens.
enkel
Afbreking: en•kel
Uitspraak: /ˈɛŋ.kəl/
Selfstandige naamwoord: enkel
Meervoud: enkels
Verkleinwoord: enkeltjie
Meervoud van verkleining: enkeltjies
Betekenis:
• Deel van die lyf tussen die voete en die bene. Die gewrig wat die voet met die been verbind.
Gebruik:
• Hy het sy enkel verstuit.
• As jy my slaan skop ek jou enkel af.
Hiponiem:
• linkerenkel
• regterenkel
Afgelei:
• enkelband
• enkelbeen
• enkeldiep
• enkelgewrig
• enkelskut
• enkelverband
• enkelverstuiting
Vertaling:
Engels: ankle
Nederlands: enkel
Byvoeglike naamwoord: enkel
Attributief: enkele
Betekenis:
• Net een van iets.
• Uitsluitlik.
Gebruik:
• Daar was net 'n enkele reddingsboot op die skip.
• Ons is enkel en alleen uit genade gered.
Antoniem:
• dubbel
Afgelei:
• enkelbank
• enkelbed
• enkelbreedte
• enkeldekker
• enkele
• enkeling
• enkelkaartjie
• enkelkwartier
• enkelloopgeweer
• enkelmediumskool
• enkelspel
• enkelspeler
• enkelspoor
• enkelverdieping
• enkelvoud
Vertaling:
Engels: single, sole, alone; exclusive
Nederlands: enkel
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|