| wiprooster [boodskap #127940] |
So., 06 Oktober 2019 15:31 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24125 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
'n Wiprooster.
wiprooster
Afbreking: wip•roos•ter
Samestelling: wip (ww.) + rooster (s.nw.)
Selfstandige naamwoord: wiprooster
Meervoud: wiproosters
Verkleinwoord: wiproostertjie
Meervoud van verkleining: wiproostertjies
Betekenis:
• 'n Elektriese broodrooster wat opwip om die brood uit te skiet en die toestel afskakel as die brood klaar gerooster is.
Gebruik:
• Die Amerikaner Charles Strite het die wêreld se eerste wiprooster in 1927 ontwerp.
Afgelei:
• tweesny-wiprooster
Vertaling:
Engels: pop-up toaster
Nederlands: pop-up broodrooster
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|