Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » droog
droog [boodskap #127918] Sa., 05 Oktober 2019 07:47
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 26755
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
Senior Lid
Droë grond.
Droë grond.
droog
Afbreking: droog


Byvoeglike naamwoord: droog
Vergrotende trap: droër
Oortreffende trap: droogste
Attributief: droë
Partitief: droogs
Intensief: kurkdroog, horingdroog, beendroog

Betekenis:
• Wan nie vol water (of 'n ander vloeistof) is nie.
• Wat nie voldoende klam of vogtig is nie.
• Wat oninteressant, vervelig of saai is.
• Wat min suiker bevat; nie soet nie.

Gebruik:
• Dit het nie gereën nie en die damme is droog.
• Die koek proe bietjie droog.
• Die onderwyser se klasse is maar droog.
• Sy verkies 'n droë witwyn.

Spreekwoord:
• Sy klawer is droog. [Iemand kan nie sing nie.]
• Hoog en droog daar sit. [Sonder om aan iets deel te hê.]
• Jy moet jou kruit droog hou. [Jou goed voorberei vir die stryd.]
• Hy is nog nie droog agter sy ore nie. [Nog baie jonk, onervare.]
• Nog nie nat of droog oor my lippe gehad nie. [Nog niks geëet of gedrink nie.]

Vergelyking:
• So droog soos 'n bokkom.

Sinoniem:
• dor

Antoniem:
• nat
• klam
• vogtig

Afgelei:
• droogbaan
• droogdok
• droogmiddel
• droogoond
• droogte

Vertaling:
Engels: dry, arid
Nederlands: droog

Druiwe word gedroog.
Druiwe word gedroog.

Werkwoord: droog
Verlede tyd: het gedroog
Verlede deelwoord: gedroogde, gedroogte

Betekenis:
• Om uit te droog; vog te verwyder of te laat verdamp.

Gebruik:
• Hulle droog perskes in die son.
• Ons het die vleis self verwerk en die biltong gedroog.

Afgelei:
• afdroog
• drooglê
• droogmaak
• droogskoonmaak
• opdroog
• uitdroog

Vertaling:
Engels: to dry
Nederlands: drogen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: driehoek
Volgende onderwerp: droë
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di. Okt. 06 18:46:07 UTC 2026