Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » biltong
biltong [boodskap #127899] Di., 01 Oktober 2019 06:49
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 26850
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
Senior Lid
Verpakte biltong en droëwors in 'n winkel.
Verpakte biltong en droëwors in 'n winkel.
biltong
Afbreking: bil•tong
Uitspraak: /ˈbəɫtoŋ/


Selfstandige naamwoord: biltong
Meervoud: biltonge
Verkleinwoord: biltonkie
Meervoud van verkleining: biltonkies

Betekenis:
• Rou bees- of wildvleis wat in stroke gesny, ingesout en drooggemaak is.
• Die lang spiere langs die rugstring.

Gebruik:
• Biltong is 'n eg Suid-Afrikaanse peuselkos.
• My hele biltong is seer vandag.

Spreekwoord:
• Hy is 'n droë biltong. ['n Baie vervelende mens.]
• Biltong van iemand maak. [Iemand totaal oorrompel.]
• Biltong sny voor die bees geslag is. [Op iets staatmaak wat nog moet gebeur.]

Vertaling:
Engels: biltong, jerky, dried meat
Nederlands: biltong, gedroogd vlees
Venda: mukoki, muhwaba
Zoeloe: umqwayiba

Nota:
• Van Nederlands: "bil (boud) en tong'' (strook).

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.

[Bygewerk op: Vr., 16 Oktober 2026 18:52]

Rapporteer boodskap aan 'n moderator

Vorige onderwerp: loopafstand
Volgende onderwerp: tongvis
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr. Okt. 16 19:45:38 UTC 2026