Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » dam
dam [boodskap #127862] Sa., 28 September 2019 08:21
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 26357
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
Senior Lid
Die Katsedam in Lesotho.
Die Katsedam in Lesotho.
dam
Afbreking: dam


Selfstandige naamwoord: dam
Meervoud: damme
Verkleinwoord: dammetjie
Meervoud van verkleining: dammetjies

Betekenis:
• 'n Wal of versperring oor 'n rivier of ander waterloop wat die water teenhou.
• 'n Watermassa of reservoir wat deur so 'n versperring gevorm word.

Gebruik:
• 'n Dam met sluise is gebou om die gebied teen oorstromings te beskerm.
• Die dam voorsien die omliggende dorpe van drinkwater.

Spreekwoord:
• Die dam lê kant en wal. [Tot oorlopens toe vol.]

Hiponiem:
• opgaardam
• studam
• slikdam

Afgelei:
• afdam
• damduiker
• damskraper

Vertaling:
Engels: dam, pond, basin
Nederlands: dam; stuwmeer

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: dak
Volgende onderwerp: aanskakel
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo. Sep. 02 21:20:13 UTC 2026