donder [boodskap #127858 ]
Vr., 27 September 2019 17:43
Leksikograaf
Boodskappe: 25504Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Donderweer oor die Eiffeltoring in Parys.
donder
Afbreking: don•der
Selfstandige naamwoord: donder
Meervoud: donders
Verkleinwoord: dondertjie
Meervoud van verkleining: dondertjies
Betekenis:
• (meteorologie ) Die knal van weerlig wat met onweer gepaard gaan; die dreuning wat op weerlig volg of wat daaraan herinner.
• (pejoratief ) Skelwoord vir 'n persoon (soos 'n sukkelaar of skelm).
Gebruik:
• Hy is bang vir die donder . Sy gooi komberse oor die spieëls as die donder dreig.
• Die arme donder weet ook nie wat hy doen nie.
Wisselvorm:
• donner
Afgelei:
• donderbui
• donderwolk
• donderslag
• donderstraal
• donderbuis
Vertaling:
Engels: thunder
Nederlands: donder
Xhosa: duduma
Werkwoord: donder
Verlede tyd: het gedonder
Teenwoordige deelwoord: donderend , donderende
Verlede deelwoord: gedonderde
Betekenis:
• (meteorologie ) Om die knal van weerlig (of 'n harde klank wat daaraan herinner) te maak.
• (pejoratief ) Om te slaan; tref, val.
Gebruik:
• Dit donder in die verte. Die korporaal donder bevele uit.
• Hy struikel en donder met 'n groot lawaai van die trappe af.
Afgelei:
• opdonder
• wegdonder
• bedonder
Vertaling:
Engels: to thunder; to plummet, tumble
Nederlands: donderen
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.