Betekenis:
• 'n Manlike bees.
• Die manlike dier van sekere soogdiere en seesoogdiere, soos by walvisse, olifante, koedoes en elande.
Gebruik:
• 'n Swak bul is die duurste artikel wat 'n beesboer kan koop.
Spreekwoord:
• Die bul by die horings pak. [Iets moeiliks dadelik aanpak.]
• Hy is soos 'n bul in 'n glaskas. [Ontuis en ongemaklik wees.]
• Nou is dit bul teen bul. [Nou word daar 'n kwaai stryd gevoer.]
• Dis soos 'n rooi lap voor 'n bul. [Iets wat iemand briesend maak.]