Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » bril
bril [boodskap #127801] So., 22 September 2019 09:11
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 24133
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Bril.
'n Bril.
bril
Afbreking: bril


Selfstandige naamwoord: bril
Meervoud: brille
Verkleinwoord: brilletjie
Meervoud van verkleining: brilletjies

Betekenis:
• 'n Raam met twee glase wat voor die oë pas en 'n mens help om beter te kan sien.

Gebruik:
• 'n Bril word tipies vir sigkorreksie gebruik, soos met 'n leesbril wat vir bysiendheid gebruik word.

Spreekwoord:
• Hy het sy bril verloor. [Hy is dronk.]
• Hy kyk deur 'n blou bril. [Hy is terneergedruk.]

Afgelei:
• duikbril
• leesbril
• sonbril
• swembril
• sweisbril

Vertaling:
Engels: spectacles, glasses
Nederlands: bril

Nota:
• In Afrikaans dra 'n mens net een bril op 'n slag. As jy brille opsit, gaan mense vir jou lag en jy gaan val of in voorwerpe vasloop.

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: brein
Volgende onderwerp: broek
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma. Des. 15 08:57:06 UTC 2025